My pappa 01

Created by bwilsnagh 11 years ago
Ek was in graad 1 altyd laaste uit die huis uit en eendag het ek besluit ek is nie lus vir skool nie. Ek het weer terug in my bedjie geklim, maar voor dat ek weer kon slaap het my pa hier aangekom en hy was glad nie gelukkig nie. Hy het my al die pad bustop toe gejaag met die pap lepel, vir 1km ver.... Daarna het ek nie een keer weer gebank tot ek klaar was met skool... Was te bang... Was n goeie les wat my pa my geleer het en ook n goeie herinnering, sal wat hy my geleer het nooit vergeet nie... Bert Wilsnagh