Kinderdae... ek onthou nog...

Created by ocallaghan 11 years ago
Callie, ek onthou nog hoe my pa en jou pa kragte gemeet het...ek onthou nog hoe hulle gemeet het om te kyk wie die grootste was... natuulik was ons trots,jy het gedink,jou pa is die grootste, ek het gedink my pa was die grootste! Ek onthou nog hoe ons pa's Bybel stories vertel het by die Brixton PPK Kerkie se Sondagskool... dit was soveel pret! Ek onthou nog hoe ons die hout gare-tolletjies teen mekaar gekap het as musiekinstrumente terwyl ons gesing het dat die spoeg so spat! Ek onthou nog ...die liedjie so goed... ek het dit vandag vir jou en Alda gesing... " Daar bo in die Hemelse Kanaan, ontmoet ons mekaar met JESUS ook daar. As jy daar kom voor ek daar is, kyk uit vir my, ek kom ook aan. Daar bo in die Hemelse Kanaan ontmoet ons verseker mekaar!" ..... vandag weet ek waar jy en Alda is .. jy het dit van kindsbeen af verklaar.... kyk uit vir ons, Callie en Alda, ek en Tony kom ook aan! Ek onthou nog hoe ons ma's ons met hulle 'ticky hakkies' in die ribbes gepomp het as ons Sondae aande onder die kerkbanke gele en praat het, inplaas van slaap... Ek onthou nog ons Hoerskooldae saam....toe trek ons.... ek onthou nog... hoe bly ek was om jou op fb op te spoor.... en daar het ondek dat JESUS jou geseen het met die mees wonderlikste vroutjie, Alda, en pragtige kinders! Ek onthou nog ..ons eerste re-unie... dit was so lekker om julle weer te sien! Ek onthou nog.... ek sal nooit vergeet... julle is nou in die Hemelse Kaanan, met Jesus ook daar... kyk uit vir ons... ons kom ook aan! Liefde Tony, Marietjie(Coetzee) O'Callaghan